ANDER SPORTSOORTE

Ons is baie bevoorreg om die volgende sportsoorte binne skoolverband te kan beofen:

Fietsry

Tennis

Skaak

Muurbal

Landloop

Buitesporte word natuurlik ook herken

Al die bostaande sportsoorte neem aan die volgende deel:

NWU Superskole reeks

Plaaslike liga

2025 in oorsig sover:

KWARTAAL 1

MUURBAL

Muurbal het in Februarie (elke Maandag en Woensdag) by Mittal Muurbalbane begin. Die Vaaldriehoek Ranglys Toernooi het die eerste ronde in Maart gehad. Transvalia het spelers in die A-poel (gevorderde spelers), B-poel (gemiddelde spelers) en C-poel (beginners) ingeskryf. Die Toernooi sal in die tweede kwartaal voortgaan.

SKAAK

Skaakoefening vind elke Woensdagmiddag van 14:15 tot 17:00 plaas. Ons het 'n vergadering gehad om die Vaal Hoërskole-liga te bespreek wat op 10 Mei 2025 by Hoërskool Suiderlig sal plaasvind. Hopelik sal ons drie spanne kan inskryf – O/15, O/17 en O/19. Die elf spelers wat aan die NWU-toernooi gaan deelneem, is gekies. Die toer sal van 14-16 April 2025 plaasvind.

FIETSRY

Alhoewel dit net die begin van die seisoen is, toon ons ryers groot krag!

Ons ryers neem deel aan ander wedrenne wat nie skoolverwant is nie. Hulle gebruik dit as voorbereiding vir die skoolwedrenne. Ons mees prominente ryers wat aan die XCO-wedrenne deelneem, is Jano van der Merwe en Shanique Marx, wat uitsonderlik goed doen. Shanique Marx presteer uitstekend in die dameswedrenne en maak seker sy is 'n krag om mee rekening te hou.

Alhoewel ons met 'n nuwe groep ryers begin, veral juniors, en 'n nuwe afrigter, is hulle almal baie positief en verbind om hul beste te gee om ons almal trots te maak.

Die eerste skoolwedren is die NWU-Kleinsport, wat in Parys plaasvind, op 14 April.

KWARTAAL 2

MUURBAL

Ranglystoernooi poel A, B en C-finale het in Kwartaal 2 plaasgevind. Wian Smit, 'n graad 12-leerder, het algeheel derde in poel A geplaas. Marinus Du Toit, 'n graad 9-leerder, was 'n plaatwenner in plaat B.

In die NWU-reeks het ons eerste span in April na Potchefstroom getoer en ons het 7de uit tien skole geplaas.

SKAAK

Die Vaal Sedibeng Hoërskool Skaakliga het op 10 Mei 2025 by Hoërskool Suiderlig plaasgevind. Die O/17 gemengde span het die toernooi gewen. Beide die O/19 en O/15 gemengde spanne het 'n tweede plek behaal.

Op 24 Mei 2025 het die jaarlikse Forbes Battle of the Boards-toernooi plaasgevind. 64 skole landwyd het deelgeneem. Hoërskool Transvalia het drie uit hul vyf wedstryde gewen.

FIETSRY

Ons ryers het aan die eerste Cycle Lab Skolereeks deelgeneem. Shanique Marx, wat uitsonderlik goed vaar, het vierde geëindig. Sy is 'n krag om mee rekening te hou. Die juniors het ook baie goed gevaar.

Die volgende skoolwedren is by HTS John Vorster in Pretoria, aan die einde van Junie.

TENNIS

Die Tennis GETA Liga-wedstryde het indrukwekkende prestasies van die Transvalia-spanne oor verskeie kategorieë getoon.

Algeheel het Transvalia se spanne prysenswaardige prestasies gelewer, veral die Seunsafdelings, wat onoorwonne gebly het. Hul resultate weerspieël die sterkte van hul tennisprogram en hul toewyding aan uitnemendheid op die baan.

Die finale uitspeelwedstryde van die Tennis GETA Liga sal in Kwartaal 3 plaasvind.