NETBAL

Netbal 2025 seisoen in oorsig:

KWARTAAL 1

Op 1 Maart het al ons spanne, van O/14 A tot D, O/15 A tot D, O/16 A tot C, O/17 A en B, sowel as die 1ste en 2de spanne, vriendskaplike wedstryde teen Marais Viljoen gespeel. Hierdie wedstryde het by Marais Viljoen plaasgevind en was ’n waardevolle geleentheid om vaardighede aan te skerp. Ons het op 11 Maart teen Kempton Park in die NWU-reeks gespeel. Hierdie wedstryd het uitdagings ingehou aangesien dit gereeld gereën het en die veld modderig geword het, maar ons spanne het vasberade geveg. Op 15 Maart het ons teen Middelburg tuis gespeel met al die spanne in goeie gees en passie. Die halfeindstryde het op 11 Maart by Dr. EG Jansen plaasgevind met deelname van al die A- en B-spanne van elke ouderdomsgroep.

Ons spanne se algehele posisies in die NWU-reeks was: O/14A 10de, O/14B 11de, O/15A 9de, O/15B 10de, O/16A en B albei 12de, O/17A en B albei 10de, die 2de span 12de en die 1ste span ’n sterk 3de plek.

Ons O/16 en O/17 dogterspanne het van 27 Maart tot 1 April 2025 aan die Klofiefees in Pretoria deelgeneem, terwyl die Sportisimo-toernooi by Mutango Lodge van 1 tot 4 April plaasgevind het, waaraan ons O/14 en O/15 spanne ook deelgeneem het. Die Rhodes-toernooi in Paarl, van 2 tot 6 April, was ’n belangrike geleentheid vir ons 1ste span om teen topkompetisie te speel. Die 1ste span het uitstekend gevaar met oorwinnings teen Bloemhof (37–27) en Rustenburg (31–26), maar het verloor teen Dinamika (22–25) en Menlopark (25–38). Hulle het die kwartfinale bereik, waar hulle teen Paarl Gimnasium 22–38 verloor het. In die daaropvolgende plaatwedstryde het hulle sterk teruggekom met oorwinnings teen Waterkloof (39–29) en Montana (43–41), en die toernooi met ’n puik 5de plek afgesluit – ’n besondere prestasie teen topvlak skole.

Die skoolproewe vir die O/14 en O/15 spanne is op 5 Maart by Transvalia gehou, met die O/16 tot O/18 proewe op 6 Maart. Die tweede rondte van die proewe vir alle ouderdomsgroepe het op 10 Maart by Dr. Malan in Meyerton plaasgevind, en die GSN-proewe het op 21 en 22 Maart plaasgevind. Van die 35 spelers wat na die D8-proewe gestuur is, het 28 na die Sedibeng-proewe deurgedring en 16 het verder gevorder tot die GSN-proewe.

Op opleidingsvlak het NSA B-skeidsregter Ané Hartman op 15 Februarie ’n beginner reëlbespreking in Vanderbijlpark aangebied, waar vier deelnemers aanwesig was en drie hul L1-eksamen geslaag het. ’n Gevorderde reëlbespreking is op 22 Februarie deur NSA A-skeidsregter Salomé Britz by Meyerton gehou, met nege deelnemers. Een het beide vlak 2 en vlak 3 eksamens geskryf, met uitslae wat nog verwag word. Ek, Me. Anneli Botes, het op 27 Februarie ’n keurderswerkswinkel by Transvalia aangebied waartydens al die A-span afrigters teenwoordig was. Verder het skeidsregtergraderings op 6 en 10 Maart plaasgevind, met nog graderings op 17 Maart beplan.

 KWARTAAL 2

Gedurende kwartaal 2 het verskeie van ons spelers aan die Sedibeng-proewe deelgeneem en is die volgende spelers gekies om hul distrikte te verteenwoordig: O/14 spelers soos Marizel Olwagen en Lee-Ann Bridges, O/15 spelers insluitende Danielle du Plesis en Caitlin Aucamp, O/16 spelers soos Micayla Rheeder en Liandri Goosen, O/17 spelers soos Mikayla Kugler en Kristen Gerber, asook O/18 spelers waaronder Carla van Schalkwyk en Micha Labuschagne. Ses van hierdie spelers het tot die laaste rondte van die GSN-proewe deurgedring. Geen speler is egter vir die Gauteng-span gekies nie.

SEDIBENG LIGA

Ons het aktief deelgeneem aan die Sedibeng Groot Skole Liga met wedstryde teen skole soos Dr Malan, Overvaal, Heidelberg, Vereeniging Gimnasium en Driehoek. Die liga-eindresultate was belowend: die 1ste span het 2de geëindig, die 2de span 4de, O/17A 2de en O/17B as ligawenners, O/16A ook eerste en gekwalifiseer vir Gauteng, terwyl ander spanne goed gepresteer het met plekke tussen 2de en 6de.

Die uitspeelwedstryde het op 7 Junie plaasgevind. Hier het die 1ste span 18–17 teen Dr Malan gewen en so deurgedring na die Gauteng-kampioenskappe. O/17A het met 13–12 teen Riverside gewen en ook deurgedring, terwyl O/17B as ligawenners met 20–13 teen Overvaal gewen het. O/15B het teen Volkskool verloor maar het as naaswenners ’n sterk seisoen gehad.

 By die Gauteng-kampioenskappe het die 1ste span met oortuiging gespeel, met oorwinnings soos ’n 40–11 oor Tswelopele, maar ook moeilike wedstryde en verloor teen skole soos Noordheuwel, Affies en Monument. Hulle het uiteindelik 12de geëindig. Die O/17-span het ’n paar oorwinnings behaal, maar ook nederlae ondervind en ’n algehele 19de plek behaal. Die O/16-span het met wisselvallige resultate gespeel en eindig 16de.

 Hierdie seisoen was vol uitdagings, insluitend reën en swaar veldtoestande tydens wedstryde soos teen Kemptonpark, maar die span het steeds met passie en spangees gespeel. Die harde werk en toegewyde deelname van al die spelers, afrigters en ondersteuners word baie waardeer.