ATLETIEK
Jaarlikse Oubaas Coetzee uitnodiginsbyeenkoms vir alle Hoër- en Laerskool atlete.
Jaarlikse ITEC Prestige uitnodiginsbyeenkoms vir Hoërskole.
Curro Podium deelname.
Spesialis afrigters in elke item.
Hoër-en laerskool atlete is almal welkom by oefeninge.
Kompeterende blootstelling
Byeenkomste teen top skole.
Super 16 Interskole Atletiekbyeenkoms. (Afdeling 1 en 2)
Groot aantal leerders kwalifiseer vir Gauteng, ASA en SA Skole byeenkomste.
2025 Seisoen oorsig:
Die 2025 atletiekseisoen was 'n sukses. Ons het ons Interhuis-byeenkoms gehou en toe 'n skoolatletiekspan saamgestel om aan komende byeenkomste deel te neem. Hierdie jaar het ons atletiekspan uit ongeveer 200+ atlete bestaan. Massa-deelname was die doelwit gedurende die eerste twee weke waarna die atletiekspan gefinaliseer is.
Ons het drie atletiekbyeenkomste aangebied as deel van ons voorbereiding vir komende kring-, distriks- en provinsiale byeenkomste. Dit is alles binne 2 weke gedoen, wat die harde werk deur alle betrokke onderwysers en personeel toon.
By die C1-byeenkoms het 140 atlete van ons skool deelgeneem. 120 van ons atlete het gekwalifiseer om aan die D8-byeenkoms deel te neem en 'n uitstekende getal van 58 atlete het 'n 1ste of 2de plek behaal om in die D8-span ingesluit te word en ons distrik by die Gauteng Kampioenskap te verteenwoordig.
Op 7 en 8 Maart het hierdie atlete deelgeneem aan die Gauteng Kampioenskappe in Pretoria. Ons atlete het uitstekend presteer tydens hierdie byeenkoms. 24 atlete het 1ste tot 8ste posisies behaal, waarvan 12 atlete gekwalifiseer het as deel van die Gauteng Skole Atletiekspan wat aan die Nasionale Kampioenskap in Bloemfontein van 2 tot 5 April sal deelneem.
Die AVT-span vir deelname aan die ASA Baan- en Veldkampioenskap is aangekondig. 19 van ons atlete het gekwalifiseer vir deelname aan die ASA-byeenkoms in Kaapstad van 27 tot 29 Maart.
Ons Top Atlete het deelgeneem aan die Noordheuwel Top 15-byeenkoms. Ons het 'n Seuns- en Meisiespan gehad wat deelgeneem het aan die Curro Podium Prestige-byeenkoms. Die skool se atletiekspan het deelgeneem aan die Wildeklawer NWU Intersskole-byeenkoms. Transvalia het vierde geëindig in die B-afdeling by die Intersskole Super 16.
Geluk aan ons atlete, afrigters en ouers met 'n briljante atletiekseisoen. Geluk aan die atlete wat uitstekend presteer het en ons skool met trots verteenwoordig het.






Marli Dimond
SA Span deelname 2023
Baie geluk aan Marli Dimond wat verkies is tot die SA 0/18-Span (800m) wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig by die Afrika Spele in Zambia.
Ons is baie trots op jou en weet dit sal goed gaan