KRIEKET

Krieket 2025 seisoen sover in oorsig:

Die jaar het begin met ons eerste XI krieketspan wat van 5-10 Januarie aan die Kovsie Smash Krieketreeks in Bloemfontein deelgeneem het. Ons het sewe T20-wedstryde gespeel en vyfde algeheel in die toernooi geëindig – wen die Bowl-afdeling. Kriegler Botha het die toekenning as beste bouler van die reeks ontvang.

Kovsie Smash Uitslae:

  • Vs HTS Middelburg Gewen met vyf paaltjies

  • Vs Goudveld Gewen met 21 lopies

  • Vs Kalahari Verloor met sewe paaltjies

  • Vs Central Gewen met 96 lopies

  • Vs Wesvalia Verloor met 15 lopies

  • Vs Rustenburg Gewen met vier paaltjies

  • Vs Despatch (Finaal) Gewen met 44 lopies

Die O/15A en eerste XI krieketspanne het aan die Johnny Waite Krieketreeks deelgeneem. Die O/15 span is as Wenners van Afdeling 2 gekroon. Die eerste span het ongelukkig in die finaal verloor.

Johnny Waite Uitslae: U/15 span:

  • Transvalia vs Redhill 16 Oktober ‘25 @ Transvalia Wen met 90 lopies

  • Transvalia vs Krugersdorp 22 Januarie ‘25 @ KHS Wen met 39 lopies

Johnny Waite Kwartfinaal:

  • Transvalia vs St Peters 29 Januarie ‘25 @ Old Vaal CC Wen met 9 paaltjies

Johnny Waite Semifinaal:

  • Transvalia vs Linden 12 Februarie ‘25 @ Linden Wen met 10 paaltjies

Johnny Waite Finaal:

  • Transvalia vs Krugersdorp 27 Februarie ‘25 @ Verref CC Wen met 27 lopies

Eerste XI:

  • Transvalia vs Redhill 16 Oktober ‘25 @ Redhill Wen met 10 paaltjies

  • Transvalia vs Riebeeckrand 21 Januarie ‘25 @ Riebeeckrand Wen met 101 lopies

  • Transvalia vs Krugersdorp 22 Januarie ‘25 @ KHS Gewen met drie paaltjies

Johnny Waite Kwartfinaal:

  • Transvalia vs St Peters 29 Januarie ‘25 @ Transvalia Gewen met ses paaltjies

Johnny Waite Semifinaal:

  • Transvalia vs Heidelberg 11 Februarie ‘25 @ Heidelberg Volk Gewen met twee paaltjies

Johnny Waite Finaal:

  • Transvalia vs Dr Malan 27 Februarie ‘25 @ Verref CC Verloor met 118 lopies

Ons het reeds proewe gehou vir ons 2025 toer spanne. Toere is soos volg:

  • 1ste XI - NWU Krieketreeks – Potchefstroom

  • Sportweni Kriekettoer - Port Shepstone

  • O/15A - Jaru Krieketweek – Rustenburg

  • O/15B - Montana Krieketreeks – Pretoria

Ons sien uit na die 2025/26 krieketseisoen… Dit beloof om ons krieket verder te ontwikkel, te bevorder en te verbeter.