GHOLF
Gholf 2025 seisoen sover in oorsig:
Hoërskool Transvalia se golf prestasies kan vergelyk word met die prestasies van die heel beste golf skole in die land. Ons golfspelers se toeg toewydheid oor die laaste klompie jare is duidelik te sien in ons kwaliteit van gholf en konstante prestasies.
Valia het nou reeds 9 keer die Vaaldriehoek Hoërskole Golf Liga in die laaste 12 jaar ingepalm, ‘n sewende plek uit 24 top skole in die land by die SA Hoërskole Toernooi in 2022, twee NWU Super 16 titels asook twee 2de plekke en ‘n 3de plek in 2024. Ons A span se 4de plek en die B Span se 5de plek in vanjaar se NWU reeks was ook heel skaflik. Ons uitblinkers hier was Janko Vrey wat die beste rondte van drie onder syfer 69 in die A afdeling aangeteken het. Mican Nel in graad 9 het selfs nog beter gevaar in die B afdeling en ‘n fantastiese vier onder syfer 68 op sy telkaart ingevul. Dit is ‘n voortreflike prestasie.
Ander noemenswaardige prestasies vir 2025, is Janko Vrey se 1ste plek in die A afdeling van die Emfuleni Gholfklub se klubkampioenskappe. Wat sy prestasie nog soveel meer merkwaardig maak, is die 3 houe wat hy moes inhaal gedurende die laaste rondte. Die jong Mican Nel in Gr. 9 het self ook onlangs voortreflik gevaar. Hy het vanaf 25 - 27 April 2025 aan die Botswana Junior Internasionale Toernooi deelgeneem en behaal ‘n algehele 7 de plek uit 200 deelnemers in die 15 - 19 jarige afdeling. Sy 1ste plek in die 15 -17 jarige afdeling voorspel ‘n baie mooi toekoms vir sy gholfloopbaan. ‘n Ander noemenswaardige prestasie was Jayden Kühn se tweede volmaakte gelukhou binne ‘n jaar, ‘n prestasie waarmee meeste professionele spelers nie kan spog nie.
Graag wil ons noem dat die volgende matrieks aan hul laaste NWU Super 16 Toernooi deelgeneem het nl.
Wihandre Kruger, Jayden Kühn en Wernich Tonsing. Julle was deurlopend staatmakers. Ons gaan julle volgende jaar baie mis.
Ons het as skool ook gekwalifiseer vir die SA Hoërskole Top 24 uitspeelwedstryde by die Wanderers Gholfklub op 1 Junie 2025, en ons is tans net 1 punt agter in ons plaaslike Vaaldriehoek Hoërskole liga van 2025.
Ons hier by Valia is besonder trots op ons gholf seuns en dankbaar teenoor ons ouers en die skoolbestuur wat ons so getrou ondersteun.
Ons sien uit na 'n hoogs mededingende gholf-derde kwartaal.