NUUS - Kwartaal 2 van 2024
Die skool was betrokke by 'n verskeidenheid sport- en kultuuraktiwiteite van die tweede kwartaal, wat gholf, VCSV, Kunstefees, muurbal, debat ens.
GHOLF
Ons fantastiese begin van die 2024-seisoen was die beloning van die ontwikkeling van jonger spelers en die progressiewe voorseisoenbeplanning. Ons het die vrugte van ons harde werk in die eerste kwartaal gepluk deur aan die einde van die tweede kwartaal 28 punte voor ons naaste teenstanders, Dr. Malan, te eindig. Vyf van ons spelers het provinsiale kleure ontvang deur Noordwes te verteenwoordig by die onlangse Quadrangular toernooi by die pragtige Highlands Gate Course naby die skilderagtige dorpie Dullstroom in Mpumalanga.
VCSV
Op 12 Mei 2024 het die VCSV 'n uitreik na die Jeugland Ouetehuis gereël. Ons het vir elkeen van die inwoners geskenksakkies voorberei wat elkeen 'n persoonlike brief bevat wat deur ons span geskryf is. Die geskenksakkies was gevul met noodsaaklike items, asook lekkernye om te eet. Tydens ons besoek het ons koffie, tee en kolwyntjies bedien, en ons studente het kwaliteit tyd saam met die bejaardes deurgebring. Die inwoners was baie tevrede en dankbaar vir ons besoek.
KUNSTEFEES
Vanjaar neem ons aan twee kunstefeeste deel: die Vaaldriehoek Kunstefees en die Vereeniging Kunstefees. Die inskrywingsproses is amper voltooi, en ons verwag om die datums en tye vir ons deelnemers vroeg volgende kwartaal te ontvang. Ons studente oefen ywerig vir hul optredes ter voorbereiding van die feeste.
RUGBY
In die tweede kwartaal het Transvalia Rugby in die NWU Skolepsportreeks klaar gespeel met die 0/14 A-, 0/14B- en 0/15B spanne wat algeheel 3de geëindig het.
Na die NWU Skolesportreeks eindstryd het Transvalia teen Oos-Moot, Ligbron, Kemptonpark en Middelburg in die SDC Noordvaalbeker gespeel met al die spanne wat die Kwartaal in die eerste of tweede plek op die Log eindig. Transvalia het ook talle spelers wat die Valke Provinsiale Rugbyspanne gedurende die skoolvakansie gaan verteenwoordig. Ons sal gedurende die vakansie hard aanhou werk om seker te maak ons eindig die seisoen sterk en om die groot momentum wat hulle in kwartaal 2 gehad het, vol te hou.
MUURBAL
Die Vaaldriehoek-ranglystoernooi het gedurende April en Mei plaasgevind.
13 Spelers van Transvalia het ingeskryf.
Wian Smit - algehele wenner, Kai Jachmann - tweede plek algeheel, Dylan Cochrane - vierde plek algeheel, Chanté Coetzee - naaswenner Meisies, JD van Eck - wenner plaat A, Alexander Terblanche - wenner plaat B en Bea Smit – naaswenner plaat B. (92 spelers van die Vaaldriehoek het vir die Toernooi ingeskryf)
Wian Smit is in die top 15 vir die Gauteng Span O/19 2024 Interprovinsiale Toernooi.
NETBAL
Die Sedibeng-liga het begin met HS Transvalia wat met die volgende spanne gespeel het:
0/14 A, B, C, D
0/15 A, B, C
0/16 A, B
0/17 A, B
0/19 A, B
Die liga bestaan uit die volgende skole: Transvalia, Driehoek, Dr. Malan, Heidelberg Volkskool, Vereeniging Gimnasium en Overvaal.
Die finaal het die naweek van 1 Junie plaasgevind en ons spanne het in die volgende posisies geëindig:
0/19A, 0/17A en 0/16A – 2de en gaan na die Gauteng-kampioenskap
0/15A – 3de maar gaan na die Gauteng kampioenskap as D8 wenner
0/17B, 0/14C en 0/14D – wenners van die liga
Ons is baie trots op die volgende twee leerders wat die Gautengse skoolspanne gehaal het:
Dudu Malindi – 0/17
Nicole v Wyngaardt – 0/14
KOOR
Die koor bestaan tans uit 70 koorlede van graad 8 tot 12. 'n Musiekwerkswinkel/naweek is gehou waar nuwe musiek gereël en geoefen is. Die musiekgenre wissel tussen tradisionele musiek, pop-rockmusiek en kontemporêre musiek. Oefeninge het Woensdagoggende plaasgevind. Ons sien uit na 'n Kunstefees sowel as 'n Skoolrevue. Die koorlede het 'n wedersydse liefde om te sing en om ander te seën.
HOKKIE
In die tweede kwartaal het Transvalia Hokkie in die NWU Skolepsportreeks klaar gespeel met die 0/14 A wat algeheel 2de geëindig het.
Die Sedibeng-liga het ook begin met HS Transvalia wat met die volgende spanne gespeel het:
Dogters
0/14 A en B
0/15 A en B
0/16 A
1stes en 2des
Seuns
0/14, 0/16 en 1stes
Die liga bestaan uit die volgende skole: Transvalia, Driehoek, Dr. Malan, HS Sasol en Overvaal.
Die finaal het die naweek van 25 Mei plaasgevind en ons spanne het in die volgende posisies geëindig:
Dogters
1ste en 0/15A – Ligawenners en kwalifiseer vir Noordvaal Grootskole A
0/14A - Naaswenners en kwalifiseer vir Noordvaal Grootskole B
Seuns
0/14 - Naaswenners en kwalifiseer vir Noordvaal Grootskole B
1stes - Algeheel 3de en kwalifiseer vir Noordvaal Medium skole
Ons is baie trots op die volgende leerders wat die Suid-Gauteng skoolspanne gehaal het:
Dogters
Katynn vd Walt - SG o/14D, Bianca Maree - SG o/14B, Lynnè Heymans - SG o/14C, Ashley-Leigh Blignaut- SG o/14B
Mila Louw - SG o/16B, Leanè Meyer - SG o/16C en Allesia Guglielmi - SG o/16D
Seuns
Ruan Klaassen - SG o/16B en Joshua Duvenage - SG o/18C
REDENAARS
Die leerders het uitstekend gevaar in die ATKV-Redenaars-kompetisie. 13 Leerders het deurgedring na die tweede rondte en 3 leerders het deurgedring na die Nasionale Finale rondte. Nkanyiso McCamel, Atlehang Ramaditse en Henco Kleynhans.
SKAAK
Die D8 Sedibeng Skole-toernooi vir individue het op 11 Mei 2024 by Hoërskool Transvalia plaasgevind. 13 van ons leerders het deelgeneem. Jonty Farrell het 'n silwermedalje vir Seuns O15 ontvang en Martin Barnard het 'n bronsmedalje vir Seuns O/15 ontvang.
Op 18 Mei 2024 het die Vaaldriehoek Skole-liga by Hoërskool Driehoek plaasgevind.
Ons 0/15 gemengde span het 'n derde plek gekry, die 0/17 gemengde span 'n tweede plek en die 0/19 gemengde span het die toernooi gewen.