FINANSIES
Black friday afslag op skoolfonds word nie op die eerste R3000 bereken nie. Berekening is soos volg:
R20 800 - R3000 = R 17 800
R17 800 × 13% = R2 314 afslag.
Betaalbaar
R20 800 - R2 314 = R18 486.
Neem ook kennis dat die Black Friday bedrag ,nie ekstra werkboeke / studiegidse of kampgelde insluit nie.
Stuur bewys van betaling aan fin@hstransvalia.co.za
SKOOLFONDS 2025
Skoolgelde vir 2025 beloop in totaal R20 800,00 per leerling per jaar. Ten einde fondse te bevorder en ons in staat te stel om alle handboeke, skrifte, ens. aan leerders te voorsien, is ‘n eerste paaiement van R3000 betaalbaar aan die begin van die skooljaar wat dan beteken dat die balans op die skoolfonds R17 800,00 is, wat soos volg betaal kan word:
10 gelyke paaiemente van R1 780 per maand (Januarie tot November).
Ten volle betaal teen einde Februarie met 10% korting op R16 020,00.
Skoolfonds vir die volgende jaar sal gekommunikeer word aan die einde van Oktober na afhandeling van die begrotingsvergadering.
Sentrumfondse is as volg:
R400 - IT; RTT; Visuele Kuns; Drama
R500 - Pas & Draai
R500 - Verbruikerstudie
R200 - Ekstra vakke (elk)
Merietebeurse en Subsidies:
Beide aansoeke sluit einde Januarie.
Subsidie: Ouers wat finansiële probleme ervaar en wat kwalifiseer volgens salarisskale van Departement (regeringsregulasie 29311).
Merietebeurse: Alle leerlinge (Gr 8 – 12) kan aansoek doen vir merietebeurse volgens bepaalde kriteria en afslag verdien op skoolgeld. Merietebeurse geld vir akademie, sport, kultuur en leierskap.
Merietebeurse en Busvervoer
Aansoek om Merietebeurs - Gr 8 tot 12 Kliek Hier
Aansoek om Merietebeurs (Gr. 7 leerder) Kliek Hier
Aansoek om Bus Roete vervoer (2025) Kliek hier
Busroete vertrekpunte (2025) Kliek hier
Bankbesonderhede van Hoërskool Transvalia
ABSA Tjekrekening: 530 390 594
Tak: Vaal Mall
Algemene takkode: 632005
Verwysing: Naam van Leerder, aktiwiteit ens.
e-pos: fin@hstransvalia.co.za en valia@hstransvalia.co.za